OOR DIE BAND
Millennium is gestig in 2019 deur die 3 Baard broers, Christiaan, Hendré & Morné. Die broers is oorspronklik van Somerset-Wes.
Tydens die inperking van die pandemie het die 3 boeties begin saam oefen met hul oog daar op om hul eerste debuut album klaar te hê sodra die inperking verby is. In die tyd het die middel broer Hendré die album se liedjies geskryf en hul eerste album “Ewigheid” is vrygestel in Augustus 2021.
Millennium het al ‘n ‘shuffle’ gehad waar ouer broer, Christiaan, die wêreld gaan verken. Die manne van Millennium is tans: Hendré Baard (Voorsanger/Kitaar), Mornè Baard (Bas Kitaar), Johan Verdoes (Elektriese Kitaar) & Ruan (Dromme).
Hulle visie is om eie aan hul moedertaal, weer Afrikaanse Rock weer terug te bring in die plaaslike musiek bederf. “Ons hou van mense met goeie gees en wil graag vir hul iets oorspronkliks teruggee.” – Hendré Baard (Voorsanger)
Support local.
Support Millennium!